Meer Oor Ons:
Die Volle Evangelie Kerk van God Wilropark is onder die leiding van Pastoor Leon Havenga.
Ons kerk het `n begeerte om die boodskap van Jesus Christus uit te dra aan almal waarmee ons in kontak kom, ons lidmate te bemoedig en uit te reik na die minderbevoorregtes.
Jesus het ons geroep om dissipels te maak:
Mat 28:19: Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
Die pad begin met die aanneeming van Jesus en om dan `n persoonlike verhouding met Jesus te hê op `n daaglikse basis.
Ons rig weekliks aan besoekers die uitnodiging om Jesus aan te neem as hulle Redder.
Saam aanbid ons die Here op Sondae. Ons sing saam, aanbid en leer saam.
1Th 5:11: Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen.
Verder moet ons gehoorsaam wees en nie versuim om die onderlinge byeenkomste by te woon nie.
Heb 10:25: en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom.
Ons het verskeie projekte deur die jaar waar almal betrokke kan raak. Ons glo dat die kerk die liggaam is van Jesus en dat elkeen nodig is en `n plek het in die kerk.
Ons glo dat die kerk ly as u nie u posisie opneem nie en dat ons mekaar moet bemoedig en ondersteun in ons verskillende gawes.
As u op hierdie webtuiste ingegaan het, is dit nie verniet nie. Ons glo dat u gelei was hierheen en dat u die volgende stap moet neem om u lewe aan Jesus te gee. Gaan lees ons bladsy oor Jesus en kontak ons asseblief.
Ons sal u graag help.