KEN U JESUS?
GOD HET U LIEF!
Eerstens moet u weet dat u Jesus nodig het as u persoonlike Verlosser.
Die Bybel stel dit baie duidelik.
ALMAL IS SONDAARS!
Ons almal is verlore omdat ons almal gesondig het. Sonde is `n groot probleem.
Romeine 3:23 stel dit soos volg: “want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God”
Dit beteken eenvoudig dat nie een van ons sonder sonde is nie. Ons almal is skuldig en breek die wette van God. Alle sondaars het `n Verlosser nodig.
- Is jy bereid om jou sondes te erken en te bely voor die Here?
Die probleem is sonde. Die gevolg van jou sonde is die dood.
Romeine 6:23 stel dit verder soos volg: “Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here”
Die prys vir ons sonde is die ewige dood, weg van God af, in `n plek wat genoem word die hel.
Omdat ons almal gesondig het, is ons almal verdoem voor God en ons kan nie in die hemel ingaan nie.
- Maar daar is goeie nuus!
GOD SE OPLOSSING VIR SONDE!
God het `n Redder vir ons gestuur.
Romeine 6:23 se tweede gedeelte sê die volgende “maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.”
God bewys sy liefde aan ons soos geskrywe staan in
Romeine 5:8 “maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. “
- God het sy Seun, Jesus Christus, gestuur.
- Jesus die Christus was gebore uit `n maagd
- Hy het as `n sondelose mens op die aarde gewoon.
- Hy is daarna dood gemaak deur sy eie volk asook die heidene wat in daardie area geleef het.
- Jesus het nie gesterf vir sy eie sonde nie, want Hy het geen sonde gehad nie.
-
Hy het gesterf vir al die sondes van die wêreld; vir elkeen wat in Hom sou glo.
- Jy moet dus jou sonde erken en bely en glo dat Jesus Christus u persoonlike Redder is.
Jesus Christus het na die aarde gekom as God in die vlees. Hy het `n perfekte lewe gelei en daarna sy lewe gegee, gesterf in u plek vir jou sondes, omdat hy jou liefhet.
Deur sy dood het Hy vir jou sondes betaal. Na drie dae het Jesus opgestaan uit die graf en oor `n tydperk van 40 dae het Hy aan honderde volgelinge verskyn. Hy het daarna opgevaar na die hemel en het beloof om weer terug te kom om ons te kom haal.
JY KAN NOU GERED WORD!
- As jy glo in Jesus, dan beloof die Here dat jy gered sal word.
Kom ons kyk na:
Rom 10:9 As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word;
Rom 10:10 want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.
Romeine 10:13, “Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.”
As jy waarlik in Jesus Christus
- Glo
- Jou sondes belei
- Daarvan wegdraai dag vir dag
- Die ou lewe aflê
- Jesus se lewe opneem (Jou beklee met Jesus)
Sal jy gered word.
As jy kies om Jesus aan te neem as jou persoonlike Verlosser
-
- Bid dan die volgende gebed
`N GEBED OM TE BID
Here Jesus Christus,
Ek weet dat ek in my gedagtes, woorde en dade, gesondig het.
Ek glo dat U die straf vir al my sondes gedra het op die kruis.
Ek glo dat U die prys vir my sondes betaal het en gesterf het.
Ek glo dat U opgestaan het uit die dood en dat U nou sit aan die regterhand van God van waar U sal kom om te oordeel.
Ek maak my hart oop vir U Here en ek vra dat U in my kom woon.
Ek lê my lewe neer voor die kruis en sterf die ou (………….) vul u eie naam in) af.
Ek vra dat U aan my ‘n nuwe gees gee en dat ek nou opstaan as ‘n nuwe mens en al die ou dinge agterlaat.
Ek vra dat U aan my die Heilige Gees gee sodat Hy by my sal wees en my sal afseël vir U en dat hy my sal leer en troos en lei.
Ek vra dat U my gedagtes vernuwe, my gees vernuwe en my liggaam vernuwe, om vir U te lewe. Ek vra dat U my sal sal help om die goeie dade te doen wat U vooraf reeds bepaal het. In Jesus se naam.
Amen
JY KAN NOU MET SEKERHEID WEET
Jesus het ons nie wees agter gelaat nie.
Hy het Sy Heilige Gees gestuur om ons te help.
Die Heilige Gees sal in jou kom woon om jou
-
-
- te leer
- te troos
- te lei
-
Jy sal instaat wees om Jesus te volg en Sy dissipel te wees. Hy sal jou help om ander van Jesus te vertel en so `n getuie te wees vir Hom.
Die Heilige Gees sal jou verkwik in jou hart en jy sal krag ontvang om Sy Woord uit te dra en jou hele lewe te leef tot Sy eer.
As jy glo in Jesus as jou Verlosser, en jy bely dit met jou mond, sal jy gered word.
Laat jou doop as `n openlike belydenis aan almal dat jy gesterf het saam met Jesus en dat jy opgestaan het saam met Hom.
Sluit aan by `n ware Kerk en leef jou hele lewe tot eer van die Here.
Wees heilig! Christus is die pad na heiligmaking.
Kontak ons assseblief indien u hulp nodig het!